wagibiki_b2

Wagibiki, wagibiki nog nie nou!

Wagibiki-b1

My liefling is myne en ek is NET syne!

wagibiki_b3

God se bedoeling van seks in die huwelik is…

previous arrowprevious arrow
next arrownext arrow
Shadow

Wagibiki inspireer reinheid vόόr die huwelik,
asook passievolle intimiteit ná die belangrikste
belofte van jou lewe: “I do”…

Wagibiki se hart is om jong meisies en vroue van alle ouderdomme te inspireer om ’n absolute vry lewe, emosioneel en fisies (na gees, siel en liggaam) in oorvloed te lei, waarvoor God ons geskape, geseën en bedoel het om voor te lewe.

God se plan is om jou emosioneel en fisies (liggaamlik) te seën sodat jy jou godgegewe doel en passie, waarvoor jy geskape is, in oorgawe te kan uitleef. Ek glo onwrikbaar dat God ons gemaak het om gesonde seksuele intimiteit met ons huweliksmaats te hê en daarom moet ons van jongs af die regte besluite neem oor seksuele reinheid en streng grense trek oor fisies en emosionele verhoudings.

Reinheid = Jou oog is n lamp vir jou liggaam. ‘n Suiwer oog laat die lig instroom sodat jou binneste geheel en al lig word. maar as jou oog vuil en sleg is, versper dit die lig en jou binneste bly geheel en al donker. As die lig wat jy gedink het jy het , in werklikheid donkerte is, hoe pikswart is jou donker dan nie. Mattheus 6: 22 (NLV)

Wagibiki wil jou help, lei en inspireer om van jongs af ’n reinheidsplan te hê en te volg saam met jou Eerste Liefde, Jesus.

My liefling behoort net aan my en ek is NET syne! Hooglied 2:16 (NLV)